Die akademiese jaar het vandag landswyd begin en alhoewel dit dalk vir ʼn paar kinders moeilik is om te leer skryf, moet dit nie vir hulle moeilik wees om ʼn pen reg vas te hou nie.
Dié video word wyd op sosiale media gedeel met ʼn maklike wenk hoe om jou kind te leer om ʼn pen reg vas te hou: vou ʼn sneesdoekie in die helfte en laat die kind dit met sy pinkie en ringvinger vasknyp. Hy sal dan die pen natuurlik reg vashou.
Lê minder klem op pengreep en meer op lees en spel. So by the way my oudste kind is linkshandig en is erg gepenaliseer op pengreep. Linkshandiges skryf anders as regshandiges, vir die blote feit dat hulle die pen stoot en nie trek nie. AS hulle die pen soos ‘n regshandige vashou, is die duim in die pad en kan hulle nie die lyn sien waarop hulle moet skryf nie.
Ronel, jy stel ‘n mooi voorbeeld met jou eie taalgebruik…
Ons weet nou al almal van:
1. “Dalk die kwaadste bruid ooit?” 2.” Bruidegom kan nie ophou lag nie.” 3. “13-jarige se optrede verstom.”
Ongelukkig kan ek nie een van bogenoemde platforms gebruik maak om dit onder julle aandag te bring nie. Hulle platforms het reeds lankal al gesluit. Miskien kan die redaksie die skimp vang dat bogenoemde onderwerpe nou al holrug gery is.