Die video volg onderaan die berig. ‘n Video van dieregedragkenner Kevin Richardson, Suid-Afrika se “Lion Whisperer”, met twee leeus het ‘n internetsensasie veroorsaak nadat dit op 2 Oktober op YouTube gelaai is.
Die video is met ‘n GoPro-hoëdefinisiekamera verfilm. Die video is reeds meer as 2 miljoen keer gekyk.
Richardson staan in ‘n grasvlakte en roep sy leeu-”maats”. ‘n Leeuwyfie verskyn eers voordat ‘n mannetjie ook opdaag.
Richardson (39) is al langer as 10 jaar bestuurder van ‘n wildbewaringpark buite Johannesburg. Hy het as driejarige sy liefde vir diere ontwikkel toe hy ‘n babavoëltjie gered het.
Amazing!