Video: “Leeu-drukkie” is ‘n internetsensasie

Screen Shot 2013-11-02 at 7.01.38 PMDie video volg onderaan die berig. ‘n Video van dieregedragkenner Kevin Richardson, Suid-Afrika se “Lion Whisperer”, met twee leeus het ‘n internetsensasie veroorsaak nadat dit op 2 Oktober op YouTube gelaai is.

Die video is met ‘n GoPro-hoëdefinisiekamera verfilm. Die video is reeds meer as 2 miljoen keer gekyk.

Richardson staan in ‘n grasvlakte en roep sy leeu-”maats”. ‘n Leeuwyfie verskyn eers voordat ‘n mannetjie ook opdaag.

Richardson (39) is al langer as 10 jaar bestuurder van ‘n wildbewaringpark buite Johannesburg. Hy het as driejarige sy liefde vir diere ontwikkel toe hy ‘n babavoëltjie gered het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.