[Video] Leeuwelpie wil graag brul

ʼn Leeu se gebrul is een van die angswekkendste dinge wat jy in die natuur kan hoor. Leeuwelpies word egter nie met ʼn vreesaanjaende gebrul gebore nie – dit verg baie oefening! Die welpie in dié video, duidelik nog net ʼn paar weke oud, oefen nog sy brul – en dis die oulikste ding wat jy nog vandag gehoor het. Hy moet definitief nog bietjie oefen voor hy soos die koning van die diere sal klink!

https://youtu.be/eZh0R6uB5Zc

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Natuur ·

Ek het my nou pap geskrik vir daai gebrul!!! Moet sê, hy het baie potensiaal, met daai attitude gaan hy ver kom. Te dierbaar vir woorde.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.