Hierdie blesbok by die Shamwari-wildreservaat in die Oos-Kaap, het nie ʼn kans gestaan teen honger leeuwyfies nie.
Die wyfies het die twee blesbokke verras toe hulle in hul rigting gehardloop het. Een van die bokke spring ʼn paar meter hoog in die lug om te ontsnap, maar die leeuwyfie vang haar in die lug.
Joné Fick was die videograaf en Daniel Bailey die regisseur. Barcroft TV het die beeldmateriaal op YouTube gelaai.