Video: Lego het ʼn Bugatti gebou – wat regtig kan ry

Foto: Lego.com

Meer as 1 miljoen blokkies en 13 438 ure later het Lego die onmoontlike vermag: ʼn lewensgrootte Bugatti Chiron-supermotor wat regtig kan ry.

Die maatskappy het van sy Technic-blokkies gebruik gemaak om dié motor te bou en dit sal hierdie naweek by die Italiaanse Grand Prix in Monza uitgestal word. (Technic is Lego se reeks ratjies, asse, motors en ander dele wat bietjie meer ingewikkeld is as die kleurvolle blokkies vir kinders waarvoor die maatskappy bekendheid verwerf het.)

Die kreatiewe span het verlede jaar in Junie met die beplanning begin en in Maart 2018 uiteindelik die Bugatti begin bou. Ongeveer 13 500 uur later, is daar ʼn video as bewys dat die motor werklik ry. Die Lego-model weeg ongeveer 1,5 ton en geen gom is gebruik tydens die proses om dit te bou nie.

Bugatti se amptelike toetsbestuurder en voormalige Le Mans-wenner Andy Wallace, het in Junie ingestem om die Lego-model in Junie op die Ehra Lessien-toetsrenbaan buite Wolfsburg, Duitsland, te bestuur. Dit is dieselfde toetsbaan waar die oorspronklike Bugatti Chiron toetsbestuur is. Alhoewel ʼn Bugatti Chiron ongeveer 400 km/h kan haal, het die Lego-model beïndruk met sy ongeveer 21 km/h. Teoreties kan die Lego-model waarskynlik 30 km/h haal.

Natuurlik bestaan die hele motor natuurlik nie uit Lego nie, daar is sommige komponente wat nie in plastiek gebou kan word nie (byvoorbeeld ʼn staalraam, ʼn stel batterye, 3D-ratte en werklike Bugatti-wiele). Die motor se stuurwiel kan verwyder word, die deure maak oop en toe, die drukvin kan op en af beweeg en daar is ʼn beheerpaneel vanwaar al die ligte en elektronika beheer kan word.

Klik hier om meer oor die proses en Lego-model te lees.

Jy kan natuurlik ook jou eie klein weergawe bou – koop die blokkies hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johan ·

Lyk baie mooi maar ek wil nie met hom in n ongeluk betrokke wees…

Lionel ·

Die Chiron is elke sent van sy nagenoeg R50 miljoen werd. As ek iemand soos Zuckerberg was, het ek beslis een gekoop.

Chiron ·

Geen kar is R50 miljoen werd nie, al is dit met goud afgewerk. Die prys is belaglik!

Herman ·

Sjoe, nou moet hulle net ‘n 747 bou wat 10 meter hoog kan vlieg..:)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.