LG Electronics het onlangs ‘n kantoorvenster in Chile met een van sy nuwe 84” Ultra Hoëdefinisie 4K slimtelevisiestelle vervang met dramatiese gevolge.
Die kantoor is gebruik om niksvermoedende werksaansoekers die skrik op die lyf te jaag. Die televisiestel vertoon aanvanklik die “normale” uitsig uit die gebou en dan beeldmateriaal van ‘n meteoor wat reg buite die gebou neerstort. Die beeldmateriaal is só lewensgetrou dat die aansoekers telkens weghardloop.
LG het verlede jaar sy televisiestelle bemark deur mense te oorreed om in ‘n hysbak te ry waarvan die vloer besig is om te val.