Video: Lewensgetroue TV-beeld jaag jou skrik op die lyf

Screen Shot 2013-09-05 at 8.15.54 AMLG Electronics het onlangs ‘n kantoorvenster in Chile met een van sy nuwe 84” Ultra Hoëdefinisie 4K slimtelevisiestelle vervang met dramatiese gevolge.

Die kantoor is gebruik om niksvermoedende werksaansoekers die skrik op die lyf te jaag. Die televisiestel vertoon aanvanklik die “normale” uitsig uit die gebou en dan beeldmateriaal van ‘n meteoor wat reg buite die gebou neerstort. Die beeldmateriaal is só lewensgetrou dat die aansoekers telkens weghardloop.

LG het verlede jaar sy televisiestelle bemark deur mense te oorreed om in ‘n hysbak te ry waarvan die vloer besig is om te val.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.