Video: Likkewaan staan sy man teen bende slange

Skermgreep uit die BBC Planet Earth II-dokumentêr

Skermgreep uit die BBC Planet Earth II-dokumentêr

Die eerste episode van Planet Earth II, die opvolg op die BBC se bekroonde dokumentêr, is Sondag uitgesaai en een van die dramatiese oomblikke word soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.

ʼn Likkewaan moet op ʼn strand sy weg vind tussen talle slange en mens hou saam met dié reptiel asem op terwyl hy wonderbaarlik elke keer die slange se greep ontglip.

Die Twitter-gebruiker, @MrLukeJohnston, het die beeldmateriaal ook op Twitter gedeel en dit is reeds deur meer as 165 000 gebruikers gedeel en byna 220 000 gebruikers het daarvan gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Denise ·

Dit is so waar die beste video wat ek al gesien het die Likkewaan moes ontrent sy pad oop veg deur al die slange so bly hy het dit oorleef!!!!

Riana ·

WOW! Verstommend! Net soos Kinders van God in die wereld deesdae. BAIE DANKIE dat julle dit met ons gedeel het!!

Mel ·

Môre, kan iemand dalk my sê wat is die program se naam op BBC en hoelaat kom dit Sondae op tv.
By voorbaat dank

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.