Video: Likkewaan uit fabriekspyp gered

Shaun Venter red die likkewaan in Prospecton, Durban (Foto: Skermskoot uit die video)

Shaun Venter red die likkewaan in Prospecton, Durban (Foto: Skermskoot uit die video)

ʼn Reptielhanteerder het Dinsdag ure lank gespook om ʼn likkewaan te red wat in ʼn pyp vasgesit het by ʼn fabriek in Prospecton in Durban, KwaZulu-Natal.

Die likkewaan, met drie pote, het skuiling gesoek in die stormwaterpyp nadat fabriekswerkers dit opgemerk het. Shaun Venter, ʼn professionele reptielhanteerder, het gesê die eienaar van die fabriek het hom gekontak en gesê die likkewaan is nou al dae lank in die pyp vasgekeer, berig News24.

“Hy het versoek dat ek moet kom help om die likkewaan te bevry,” het Venter gesê.

Blykbaar het van die werkers die reptiel gesien en hulle wou hom doodmaak. Terwyl hy gevlug het, het hy in die pyp beland. Die likkewaan het ongeveer ʼn meter ondergronds vasgesit.

“Ons het eers probeer om hom met water uit te lok, maar toe dit onsuksesvol was, moes ons begin grawe,” het Venter verduidelik. Hy en ʼn paar van die werkers kon uiteindelik genoeg grond langs die pyp uithaal en kon die beton breek sonder om die likkewaan te beseer.

Hy het gesê die likkewaan was rustig toe hy hom eers kon beetkry. “Hy was aanvanklik baie rustig, maar toe hy besef hy is vrygelaat, was dit chaos. Hy wou alles aanval wat hy sien en my arms is stukkend gekrap.” Venter sê hy is ʼn groot man, maar selfs hy het gesukkel om die likkewaan te beheer voordat hy dit uiteindelik in ʼn duvetoortreksel kon plaas.

Die reptiel het vermoedelik een van sy pote in ʼn bakleiery of ʼn strik verloor, maar is ongedeerd. Hulle kom algemeen voor in Durban. “Ek het hom direk van die fabriek af verwyder en in ʼn plaaslike natuurreservaat vrygelaat.”

Outeur: Jeff Wicks

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Theresa ·

Ag genade tog. Eerste en maklikste uitweg is altyd – doodmaak van die dier. Die meeste mense is net plyn dig. Baie dankie julle dat julle die likkewaan gered het en weer op ‘n veilige plek vrygelaat het. Dink net hoe verboureerd en bang was hy gewees. Dankie tog vir ‘n gelukkige einde!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.