ʼn Winkel wat elektroniese toestelle verkoop, het kringtelevisiebeeldmateriaal op sosiale media gedeel van ʼn lomp klant wat vier televisies, ter waarde van ongeveer R85 000, binne drie sekondes verwoes het.
HBH Woolacotts in Engeland het op YouTube gesê die skade aan die vier televisies by hul St Austell-tak beloop meer as £5 000.
Die beeldmateriaal wys hoe die onbekende man na die televisies stap om dit van nader te bekyk. Hy buk dan om nader ondersoek in te stel, en stamp per ongeluk een van die televisies om, wat dan soos ʼn domino ʼn tweede stel ook laat omval. Wanneer die man opstaan, stamp hy die twee televisies agter hom ook om.
Hy en die verkoopsassistent kon maar net met hul hande in hul hare staan.
Mike Collins, assistentbestuurder van die winkel, het aan die plaaslike koerant, The West Briton, gesê sy bestuurder het hom gebel om te sê: “Jy sal nooit raai wat gebeur het nie.” “Ek was baie geskok,” het Collins gesê.
Die voorval het reeds op 26 September plaasgevind, maar die winkel het die beeldmateriaal eers die afgelope week vrygestel. Die video is reeds deur meer as 3 miljoen mense gekyk.
Hoekom dit hulle dan die TV’s so naby aan mekaar?
Nou vir wat kan hulle nie die TV’s bietjie stewiger laat staan nie? Die arme man het skaars daaraan geraak toe val dit om!
Dit lyk opsetlik vir my,
Nee wat, iets is nie vir my lekker nie!
Daarom het my ouers my van kleins af geleer mens vat nie aan goed wat nie joune is nie
Ai dis so ek daai.
Harry, ek dog dit net ek wat myself in daardie prentjie sien! Welkom by die klub! Hoe lekker lag ek nou…
Dis ge-‘stage’ …. obviously.
Dink dit is ‘n publisiteitsfoefie.
Dit was met opset gewees veral met die opstaan slag.
So naby aan n oop deur in SA sou dit gesteel gewees het.
Moedswillig gedoen, almal speel saam mens kan nie n TV so vertoon nie, mors tyd
Oops!
So duur vir ‘n simpel tv?
Hoekom sal jy TV’s so naby en met hulle skerms na mekaar vertoon? Hy het hulle omtrent omgeblaas.