Video: Luiperd kom kuier in die restaurant

Skermgreep uit die video

ʼn Paar gaste by die Singita Ebony Lodge in die Sabi Sand-wildreservaat wat aan die Krugerwildtuin grens, was verbaas toe ʼn luiperd rustig in die restaurant verby hulle gestap het.

Die toeragentskap Roar Africa het gesê die video is op 30 Augustus deur Reg Calmeyer verfilm toe hy in die Sabi Sand was saam met sy gesin. Singita Ebony Lodge het ook die video gedeel. “Een van ons gaste het dié ongelooflike oomblik verfilm en gedeel. Ná vyf maande in afsondering, was ons gaste en personeel baie bevoorreg om dié seldsame voorval te beleef. Die jong luiperdmannetjie het vroeër op die rivier-oewer voor die lodge ʼn bosbok bekruip voor blouape hom raakgesien het. Hy het daarna oor die dek geloop en vinnig van die lodge weggestap.”

Singita het gesê hulle ontmoedig nabye ontmoetings met wild ten sterkste, maar voorvalle soos dié gebeur tog soms. “Singita se personeel is goed opgelei om hierdie tipe voorvalle te hanteer en streng veiligheidsmaatreëls is ingestel om personeel en gaste in hierdie tipe situasies te beskerm.”

Taken by Reg Calmeyer (my brother)who was on safari with his family at Singita Ebony yesterday! Can’t wait to get back to Africa! So much awaits. Come and join Roar Africa for your magical experience. #leopardsatlunch

Posted by Roar Africa on Monday, August 31, 2020

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gerd Lourens ·

Sjoe, wat ‘n voorreg om die luiperd te kon aanskou!!!

saggiespraat ·

As ek daar was, was daar nie net kolle op daar kattjie nie hahaha

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.