Video: Luiperd lê langs die (rooibok)lam

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Beeldmateriaal van ʼn luiperd wat vir ʼn verdwaalde rooiboklammetjie “sorg” het nog steeds natuurliefhebbers gaande.

Dié seldsame beeldmateriaal is al in Desember op die YouTube-kanaal, Kruger Sightings, gepubliseer. Die gebruiker Patti het die video naby Sabi Sands in die Kruger-wildtuin afgeneem.

Die video begin voorspelbaar met ʼn luiperd wat ʼn rooiboklammetjie jaag, maar dan is daar ʼn onverwagse wending: dit wil voorkom of die luiperd die rooibokkie se vertroue probeer wen. Uiteindelik lyk dit of die twee ʼn goeie vriendskap aanknoop, en die luiperd gee die bokkie selfs ʼn lek toe sy langs hom gaan lê.

“Die videograaf moes later die toneel verlaat en hulle het die volgende dag teruggekeer,” het Kruger Sightings op YouTube geskryf. “Daar was nie nuwe nuus nie, maar ek vermoed die rooibokkie het dit dalk nie gemaak nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johann Marx ·

Daar is ook by dieretuine in Suid Afrika uitstallings wat genoem word “Perfect Co-existence” waar ‘n leeu en ‘n dag-oud lammetjie in dieselfde hok gehou word. Die leeu is die heersende meerderheid en die lammetjie is die blanke minderheid. By navraag aan die kuratore van hierdie dieretuine hoe hulle dit regkry om so ‘n uitstalling te laat gebeur, was die antwoord: “Maklik. Ons gooi net elke oggend ‘n vars lammetjie in die leeu se hok!!”

Elizabeth ·

Die lek was om te proe of die kos later lekker gaan wees. Take away.

EMK ·

Hy maak die kleintjie eers mooi groot en vet vir later eet. dxie naturu sal sy gang gaan, moenie vir ‘n oomblik dink hulle gaan pêllies bly nie

EMK ·

…vingerfoute ai tog. Laaste sin moet wees Die natuur sal sy gang gaan…ens

charlton nelson ·

Kan ons as landsburgers nie so wees soos die bokkie en die tier wat in vrede saam lewe.

Magda Bothma ·

Nee daar is geen liefde van die luiperd se kant af nie. Hy weet die lammetjie is magteloos en speel met sy prooi.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.