Video: Luislang soek lafenis ná yslike ete

Skermgreep uit die video

ʼn Video van ʼn yslike luislang wat ná ʼn groot ete in ʼn dam wil afkoel, laat kykers ril.

Susanta Nanda, ʼn bosboubeampte van Indië, het die video op Twitter gedeel en gesê die slang het waarskynlik onlangs iets te ete gehad, want mens kan duidelik nog in die vorm van sy lyf sien hy is nog besig om sy prooi te verteer. Luislange sluk hul prooi heel in en dit kan dae lank duur voor die prooi heeltemal verteer is.

ʼn Luislang kan weke lank sonder kos bly ná ʼn groot maaltyd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Carina ·

Shame, kon hulle nie maar gehelp het dat hy in die water in kom nie. Kyk net hoe sukkel hy om sy vol pens oor die rand gesleep te kry.

Suzette ·

Liewe aarde. Ek hardloop.
Ek wonder waar kry hy die video en of praat hy Afrikaans. Dit lyk so pure Suid-Afika.

Stephanie ·

Die kommentaar in die video is Afrikaans. Hulle praat seker maar Afrikaans in Indië. Is mos een vd “BRICS” lande.

Blom ·

MM, probeer uitvind waar in SA die was. Ek is seker iemand gaan die video herken ek kan meer inligting gee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.