[Video] Luislang verorber reuse krokodil

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

ʼn Krokodil in Queensland, Australië, het sy moses teëgekom toe ʼn luislang van sowat drie meter hom ná ʼn stoeiery van vyf ure heel ingesluk het. Die internet is behoorlik op hol oor dié beeldmateriaal.

Die reuse maaltyd het plaasgevind by Lake Moondarra en is op kamera vasgelê deur Tiffany Corlis, ʼn joernalis van Australië. Corlis sê die slang het sy lyf om die krokodil gedraai.

“Die stryd het aanvanklik in die water begin. Die krokodil het in ʼn stadium met sy kop uit die water gekom, maar die slang het hom te styf vasgehou. Die slang het die krokodil later na die kant gebring om hom in te sluk,” het Corlins aan BBC vertel.

Dit het die slang net 15 minute geneem om die krokodil te verorber.

Luislange is bekend daarvoor dat hulle hul prooi versmoor. Die slange het buigsame kake wat hulle in staat stel om baie groot prooi in te sluk.

Bron: BBC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

gerhardt ·

Uiters swak joernalistiek. Geen navorsing nie. Dit het in Maart 2014 gebeur. Kry asb julle feite reg.
Gaan lees die Telegraph van Aus.

Sune van Heerden ·

Dagsê Gerhardt en Len

Dankie vir julle terugvoer.

Die inligting is in ons “Gedoriewaar”-portaal gepubliseer – waar ons sommer interessanthede en vreemdhede publiseer. Dié portaal is nie ‘n “nuusportaal” as sulks nie, en soms berig ons oor iets wat dalk al ‘n wyle gelede gebeur het (soos in hierdie geval).

Van dié interessante gebeure herleef soms jare later weer op sosiale media, en dan deel ons dit weer met die publiek (uiteraard nie as ‘n nuusstorie nie). Jammer vir die verwarring, ons moes dit dalk duidelik gestel het in die berig dat die voorval reeds in 2014 plaasgevind het, maar dit nou weer wyd op sosiale media gedeel word.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

dirk ·

sjoe kwaai! niemand het gesê dis nuut nie. .joernaliste werk baie hard en doen uiters belangrike werk vir jou veral, veral in SA en veral nou. gee maar bietjie tou of help liewer met n bydrae

Mercy ·

Nadat ek die storie van “The Lion Man” op Carte Blanche gesien het stel ek glad nie meer belang om na die tipe goed te kyk nie.

Nics ·

Jinne maar mense kan oor NONSENS kommentaar lewer. Dankie vi rhierdie Maroela, oud of nuut, dis interessant.

Carpe diem ·

Goeie more Gerhardt en Len,

Ontspan tog julle boudjies! Dankie Sunè, jou terugvoer is perfek!

PS: Interresante en / of lewens belangrike nuus wat oud is, sal altyd welkom wees!! God se Woord is duisende jare met ons as mense op aarde……..en honderde miljoene mense lees en bestudeer dit elke dag oor en oor!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.