Video: Ma fnuik seun se weddenskap

Skermgreep uit die video

Daar is talle video’s op sosiale media van mense wat mekaar uitdaag om iets moeilik te doen in ruil vir ʼn geldelike beloning.

ʼn Nuwe video is baie gewild op sosiale media van ʼn sokkerspeler wat sy ma, ʼn fisika-onderwyser, om ʼn balletjie in ʼn onderstebo glas oor te plaas na ʼn glas vol water – sonder om aan laasgenoemde te raak.

“Die seun is ʼn ervare sokkerspeler en die ma is ʼn bekende fisika-onderwyser. Die seun het nie gedink sy ma sal die toertjie kan baasraak nie, maar fisika wen! Kyk bietjie wat het sy gedoen,” het Ananth Rupanagudi by sy plasing op Twitter geskryf.

Die video is reeds meer as 300 000 keer gekyk.

“ʼn Ma is ʼn ma – mens kan nie ʼn ma wen nie,” skryf een kyker.

“As mens fisika verstaan, kyk mens heeltemal anders na die wêreld,” skryf nog ʼn persoon.

Die ma stap weg met die $100-beloning.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Tanya ·

Hy het beslis gedink, soos al die ander videos, gaan hy sy Ma vir ‘n poppie vat…. hahahahaha

Pieterbusa ·

Laat dit nou vir jou ‘n les wees. Skitterend. Oud maar definitief nie koud!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.