[Video] Ma kry groot verrassing toe sy dogtertjie soek

Foto: ‘n Skermskoot uit die video.

Toe ma Billie Jo Decker op soek was na haar vyfjarige dogtertjie, Breanna, het sy op dié toneel in hul sitkamer afgekom.

Klein Breanna het besluit om die gesin se kalf in die huis te bring sodat sy bietjie tyd saam met die dier kan deurbring.  Breanna lyk of botter in haar mond nie kan smelt nie, maar mamma weet van beter.

“Wil jy vir my vertel hoe sy in die huis gekom het,” vra ma Billie Jo terwyl die kalf alte gemaklik in die middel van die sitkamer lê.

“Uhm, die deur was oop en ek het anderpad gekyk en toe, uhm,” probeer Breanna tevergeefs. Dan probeer sy haar volgende strategie deur by die kalf te gaan lê en dié twee lyk omtrent soos vinkel en koljander.

Hoewel Billie Jo streng probeer wees, smelt haar hart vinnig. “Ek weet jy het vir haar die deur oopgemaak, maar dit is te spesiaal vir woorde.”

https://www.facebook.com/diply/videos/435727570134744/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Theresa B ·

A a a w h – Dis super cute!! Hoop hulle hou vir altyd die kalf en dat die kalf saam met die kind sal oud word.

Ingrid Barnes ·

Aaah sweet. Go Breanna go! Sy is 5 en klaar kan jy sien diere maak saak in daardie huis. Die kalfie moet saam met haar groot word. Buite natuurlik. Dis mos nou haar troeteldier.
Mmmwwwahhh!! Breanna

madels ·

Ag moeder die kalfie geniet so al die liefde en aandag en is so rustig by die klein dogtertjie. Dis net te oulik vir woorde!

Lena Jonk ·

Toe ons kinders was het ons weer n varkie as troeteldier gehad, my ma wou stuipe kry want varkie was heel tuis op sitkamerbank. Wanneer ons buurman gebel het, het my pa die varkie so druk gegee op ribbes dan is daar so skerp otjie geskree, ons as kinders het dit vreeslik geniet.

Ronnie ·

Tussen al die bloed, sweet en trane in ons wêreld is hierdie berig so nodig vir ons menseharte.

Denise ·

Ek stem 100% saam met jou Ronnie ek skip deesdae al die geweld en soek net iets wat my kan laat glimlag !!!!

Johann ·

Jys ‘n stoute dogtertjie, maar jou onskuld maak jou super my liefie

Ander Annie ·

Oooh dit is te mooi. Mmmmmm ek gaan ‘n vegetariër moet word. Mens kan mos nie die ougat eet now.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.