ʼn Australiese babaseuntjie wat vroeggebore en daarna klinies dood verklaar is, het later deur sy ma se aanraking weer begin asemhaal en leef.
David en Kate Ogg se babaseuntjie is op 25 Maart 2010 op 27 weke vroeggebore en dokters het hom net ná sy geboorte dood verklaar. Terwyl Kate afskeid geneem het van haar seuntjie, het sy hom omhels en gepaai en gesê dit gaan goed met sy tweelingsussie Emily en sy het hom lief.
Vyf minute later het die egpaar gesien hy snak na sy asem. Twee ure later het hy ʼn druppel borsmelk van sy ma se vinger gedrink.
Today het na die tweeling se tweede verjaarsdag ʼn onderhoud met die egpaar gevoer. Die onderhoud is in die volgende video te sien.