Video: Maak die oulikste gloeilamp-vaas

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Hierdie video wys jou hoe om die oulikste vaas te maak van ʼn gloeilamp wat nie meer gebruik word nie.

Die gebruiker DaveHax laai gereeld oulike wenke op sy YouTube-kanaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eliza-beth ·

Koel idee! Daar is so baie dinge wat hergebruik of hergesirkuleer kan word en so help ons ons aarde. Ons is dol op roomys en ek weier om enige plastiekhouers te koop – roomysbakke werk soos ‘n bom, die vorm maak dat mens maklik goed kan stoor/vries daarin. ‘n Snobberige vroutjie het eendag by my gekom en het sommer reguit gesê alles in haar kombuis is kleur-gekoordineer en sy sal nie sulke bakke met prente van roomys en drukwerk op gebruik nie. ai tog ek het sommer hardop gelag. maak dan maar die palstiekpartytjie gasvroue gelukkig en ryk, ek weier. Ons hergebruik ook papier van alle soort – koerante vir vensterwas of op die komposhoop; as iets uitgedruk word en later nie meer nodig is om gehou te word nie, word dit opgesny in vierkantjies en blanko agterkante is reg vir notapapier. Tydksrifte word aan ouetehuise/dr spreekkamers of my bediende geskenk wat van die artikels en/of foto’s vir haar kinders se take gebruik asook die papier self vir vuurmaak. Meeste kombuisvuilgoed soos skilel, eierdoppe ens gaan komposhoop toe – my groente wat osn self kweek smaak tonne beter as die in die winkels.Elkeen kan regtig iets doen dat daar nie soveel vermors word nie.

Eliza-beth ·

Ai tog die gremlins…dis “plastiekpartytjie” en” tydskrifte” en dis “skille” en “ons” – vergewe tog die vingers wat vinniger as die oog is!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.