Met die uitbreking van die nuwe koronavirus (Covid-19) is ʼn tekort van gesigmaskers oral aangemeld. Dié video wys hoe jy self ʼn eenvoudige masker kan maak.
Die video wys hoe ʼn vrou enkele items gebruik wat jy waarskynlik reeds in jou huis het: goeie handdoekpapier, twee rekkies en ʼn krambunder.
Vou die handdoekpapier in ʼn konsertinavorm, vou die punte om en kram die rekkies aan weerskante vas. Nou kan jy die rekkies om jou ore bind en die handdoekpapier as ʼn masker gebruik.
Onthou: ʼn Gesigmasker sal jou waarskynlik nie beskerm teen die virus indien jy gesond is nie. Die waarskynlikheid dat jy ander mense sal besmet word wel verminder as mense wat hoes of nies ʼn gesigmasker dra (chirurgiese gesigmasker is voldoende; N95 nie nodig nie).
Voila. No more shortage of masks?? And I thought Indians were the masters of jugaad! ???? pic.twitter.com/67mLgSo0Od
— anand mahindra (@anandmahindra) March 11, 2020
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
6 Kommentare
Nou toe nou. Ek hoef nie meer al my buustelyfies op te sny nie.
Almal tref voorsorg om verspreiding van die virus te keer, maar merk op dat geen skoonmaak middels by ATM masjiene is. Wat van die sleutelbord wat gebruik word? Die persoon voor jou in die ry kon dalk in sy neus gegrawe het en gebruik dan die teller. Jy is volgende en moet dan die sleutelbord ook gebruik.
Dankie dit sal beslis help
Lees asseblief hier oor die gebruik en doeltreffende gebruik van maskers
https://www.livescience.com/face-mask-new-coronavirus.html