Video: Mamba kan nie seil nie!

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die gebruiker Kruger Sightings het ʼn video van ʼn swart mamba, wat skynbaar nie oor die pad kan seil nie, op YouTube gelaai.

Die video is naby Laer Sabie in die Krugerwildtuin geneem.

Dit is nie duidelik of die mamba die pad probeer oorsteek het en dit nie kon regkry nie, of bloot op die teerpad sy lyf wou wikkel nie.

Kruger Sightings laai gereeld interessante video’s op sy YouTube-kanaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gielie ·

Dit is inderdaad ‘n swart mamba, al wys die kleur dit nie. Die naam van die slang kom eintlik van die kleur as jy sy mond oop maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.