[Video] Mamma-olifant beskerm kalfie teen toeriste

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Dit is al asof hierdie mamma-olifant vir haar kalfie wil sê: “Moenie met die vreemdelinge praat nie.”

Die ongelooflike beeldmateriaal van ʼn olifantkoei wat haar nuuskierige kalfie verhoed om nader kennis te maak met toeriste, is op die H3 naby Malelane in die Kruger-wildtuin verfilm.

Die gebruiker Marc het dit aan “Kruger Sightings” gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Blondie ·

Wonderlik. …maar dit is wat ek nie kan verstaan nie. N Dier wat die instink het om haar kleintjie te beskerm. …maar mense wat hul kinders doodmaak. ..Ek verstaan dit nie.

Paul ·

Blondie, dan moet jy eerder maar nie meer uitvind oor dieregedrag nie. Die natuur is nie ‘n Disney-sprokie nie. Varksôe maak dikwels hul eie kleintjies dood, en so ook wyfiehase, resusapies.

SNEL ·

Te oulik en hy is so gehoorsaam, duidelik nog in sy kinderfase en nog nie n tiener nie.

alida ·

Diere is baie beter wesens en ouers as mense onthou dit. Diere probeer nie soos mense optree nie want hulle is wild maar mense tree op soos diere. Ons lees dit elke dag in die koerante. Olifante is wonderlike ouers.

Theresa B ·

Dis dierbaar. Ja ek stem saam met jou Blondie. Of hulle word in slote of asblikke gelos.
Amazing is dit nie??!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.