Video: Man bad in renosters se poel by dieretuin

Skermgreep uit die video

ʼn Man is Woensdag by ʼn dieretuin in Nieu-Seeland in hegtenis geneem nadat hy by ʼn hok ingebreek en rustig in ʼn poel langs “verskrikte” renosters en bokke gebad het.

Beeldmateriaal van die voorval by Auckland se dieretuin wys hoe die man op sy rug dryf voor hy sy gesig en hare afspoel.

Renoster en njalas word in dié kamp aangehou.

Die diere was “verstaanbaar verskrik deur die indringer”, het ʼn woordvoerder van die dieretuin gesê.

Die man was glo ʼn paar minute lank in die poel voor hy op personeel se opdrag reageer het om uit te klim en na die besoekerspad terug te keer.

Hy is van die perseel af begelei en aan die polisie oorgegee.

Kevin Buley, direkteur van die dieretuin, sê hy is “baie verlig” dat nie enige diere of mense beserings opgedoen het tydens die voorval nie.

“Ons hoop dat die man die hulp en ondersteuning kry wat hy klaarblyklik nodig het,” voeg Buley by.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Grens ·

Die ou het seker maar warm en taai gevoel, lyk na ‘n lekker afspoel daai.

Hannelie ·

Ek dink die water het te aanloklik gelyk vir hom. En het gesmag na ‘n bietjie lafenis.

Mariana ·

Wie sê daar is iets verkeerd met hom. Hy wou seker maar net bietjie stof afspoel.

Faraway ·

Hy sou daai waterbad regtig nodig gehad het indien Renosters hom bestorm het . . .

Hennie ·

Twyfel, hulle sê dan die renosters en bokke was “verskrik”. ????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.