Video: Man drink bottel tamatiesous vir wêreldrekord

Skermgreep uit die video

ʼn Man van Mumbai in Indië het ʼn bottel tamatiesous in 25.37 sekondes gedrink om ʼn nuwe wêreldrekord op te stel.

Dinesh Shivnath Upadhyaya spog ook met die rekords vir meeste druiwe binne drie minute geëet en meeste lemoene geskil en geëet binne drie minute.

Talle mense geniet tamatiesous saam met sommige kossoorte, maar die idee om ʼn hele bottel in een slag uit te drink, klink nie aptytwekkend nie. Verskeie individue is egter daarop toegespits om wêreldrekords te verbeter.

Upadhyaya het ʼn hele bottel (500 g) binne 25.37 sekondes uitgedrink. Hy het 95% van die bottel met ʼn strooitjie gedrink.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

E ·

Soos in kom ons berei voor. Lekker tamatie. ‘Ek dink ek is swanger want ek crave tamaties, mmm lekker’. Wat van daai goed wat so lekker saam peper gaan? O ja, tomato cocktail. Mmm lekker rooi, dan soet, dan suur dan urgh vrek lekker sooibrand. Dan die nagereg, ń lekker yskoue coke wat wag en my nuwe wêreld rekord. Nooit ooit weer tamaties, tamatiesous of rooi eetgoed nie.

Tot die volgende rekord natuurlik dan begin ons weer by die lekker tamatie.

Hennie ·

Sommige mense weet hoe om hulle besig te hou met onsinnighede.

Valerie ·

Reg, Hennie. Ek bedoel, so what? Maar my man se uroloog het wel genoem daar is iets in tamatiesous wat ‘n prostaat wat wil begin hinder (vergroot), onder beheer kan kry en selfs goed is daarvoor. Maar nie gewone tamaties nie. (Ek verstaan die werking daaragter,maar dit is nie ter sprake hier nie).
Ek dink die ou van Indië se prostaat gaan hom oorlewe met sowat 200 jare.

Ek kon altyd ses Marie beskuitjies in my mond druk. Dink jy ek moet weer probeer? Dalk word ek ook famous, al is dit nou maar net tot my man en kinders se vermaak en die paar op Maroela wat sulke berige amusant vind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.