Video: Man nooi gereeld trop bokke vir ontbyt

Foto: Matthew Lee Chegwidden, Facebook

Foto: Matthew Lee Chegwidden, Facebook

‘n Video volg onderaan die berig. Matthew Lee Chegwidden van Divide in Colorado, Amerika, nooi gereeld ʼn trop bokke oor vir ontbyt.

Chegwidden hoef net ʼn paar keer sy tong te klik en te fluit totdat die trop bokke aangehardloop kom. Hy het onlangs ʼn video van een van dié oggendbesoeke op Facebook gelaai en dit is reeds meer as 195 000 keer op die sosialemedia-platform gedeel.

Daar is ook ʼn jakkals, wat Chegwidden “Ben” gedoop het wat gereeld kom besoek aflê en selfs ʼn gesin bere wat al kom kyk het wat by dié huis te ete is.

http://youtu.be/7q0GG1y1xRI

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.