[Video] Man plaas emmer water in woestyn: Kyk wat gebeur

Foto: ‘n Skermskoot uit die video.

John Wells, ʼn man wat tans in die middel van nêrens woon, het ʼn kamera op die bodem van ʼn emmer geplaas en die emmer vol water in ʼn dor omgewing geplaas om te sien wie almal van die water kom drink. Die resultaat is pragtig!

Die video is drie dae gelede op YouTube gedeel en is reeds meer as ʼn miljoen keer gekyk. In die video word verskeie diere en insekte afgeneem terwyl hul op soek is na lafenis.

Wells, oorspronklik van New York, het die woelige stadslewe verruil vir ʼn “off the grid”-bestaan in ʼn woestyn in Texas in die VSA. Hy handhaaf ʼn ekologie-bewuste leefstyl en het selfs ʼn moderne huis gebou wat van sonkrag gebruik maak.

“Almal is lief vir water in die woestyn,” skryf Wells op YouTube.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Bettie ·

Ag, is dit nie lekker om net so bietjie interessante of lawwe goed te lees nie. Ek geniet al die artikels wat nie met moord en doodslag te doen het nie. Mens is regtig so moeg om net negatiewe en aaklige goed aan blootgestel te word. Dankie Maroela dat jy balans handhaaf,

Ruby ·

Hoekom is daar (Video) vooraan die berig maar ek sien geen video?

Ruby ·

Baie dankie MM xx.

Ek geniet sulke tipe videos vreeslik baie.

Amanda ·

Hahahaha, ek betaal ook ten duurste vir my water. Waar bly jy waar water verniet is. Wil ook soontoe kom, dink net hoe gaan my tuin lyk.

m ·

Dankie maroela vir sulke lekker artikels. Mens is so moeg om negatiewe goed te lees. Diere is altyd so interessant.

Louis ·

So daar is, hoenders, hase, bye, beeste ens. in die Woestyn!!!HAHAHAHA

amvi ·

of dit nou in die woestyn is of nie, dit is vrek oulik om na te kyk. ek is ook nou sommer lus vir water. ;-)

Marlene ·

Dave Pepler het eenkeer gesê: meer tuin of veld voëls kom om van dors as van honger. Daarom het ek verskeie bakke water in die tuin, ongelooflik hoe baie voels kom hiernatoe vir water en ek is middel van die stad.

Christine de Kock ·

Gebruik die video as deel van ‘n “Bespaar Water” advertensie. Kosbaar!!

Denise ·

Ek sal dit geniet om so ver weg van alles en almal te bly met net diere wat dors is kan net rustig wees!!!!!

Zet ·

Dis eintlik tragies/hartseer om so iets te sien. Daar word deesdae net gedink oor hoe dors die mens is met die waterbeperkings en klein dorpies wat nie eens water in hul krane het nie, maar mens is nie geneig om verder te dink oor hoe moeilik dit moet wees vir die diere en insekte nie. Dit bring mens net weer terug aarde toe en laat jou besin oor dit wat jy wel het en waarvoor mens baie dankbaar moet wees. Maroela – ek wil graag nog sulke berigte sien asseblief.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.