Video: Man red rooibok uit moddergat

Skermgreep uit Steve Haley se video

ʼn Video van ʼn man wat ʼn rooibok gered het wat in ʼn moddergat vasgesit het, word wyd op sosiale media gedeel.

Die man het glo gesien die rooibok kon nie regop staan en sy trop volg nie.

Die Daily Mail berig Steve Haley van Canterbury in die Verenigde Koninkryk het die video geneem. Haley, ʼn sjef en natuurliefhebber, het aan die dagblad gesê die voorval het op 2 Augustus in die Krugerwildtuin in Suid-Afrika plaasgevind. Volgens hom het die man stilgehou en uitgeklim, sy skoene en kouse uitgetrek en die rooibok gehelp.

Die rooibok het vir ʼn rukkie lank nog mank geloop omdat hy vermoedelik reeds ʼn ruk lank in die moddergat gespook het.

Ike Phaahla, woordvoerder van die Krugerwildtuin, het aan Maroela Media gesê hulle is bewus van die video, maar kon nog nie bevestig dat die voorval wel in die nasionale park plaasgevind het nie. Hy maan toeriste egter om nie self in te gryp indien hulle sien ʼn dier is in die moeilikheid nie.

“Toeriste mag nie hul voertuie verlaat nie, selfs al sien hulle ʼn dier is in die moeilikheid. Dit is ʼn oortreding van die park se reëls,” het Phaahla gesê. “Die Krugerwildtuin het wilde en gevaarlike diere en ons maan besoekers om by die reëls te hou. Indien iemand enige voorval sien wat ingryping verg, kan hulle die naaste kamp kontak of die noodnommer 013 735 0197 skakel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Diereliefhebber ·

Weet nie wie die persoon is nie, maar ek se diep uit my hart uit baie baie dankie dat u die arme dier gehelp het.Kan nie glo dat daar kommentaar gelewer word oor die man se skoene nie, ek sien dit as n heldedaad, die man het in gevaarlike omstandighede n arme dier gered, as jy n diereliefhebber is se dan baie baie dankie vir die persoon, anders los maar kommentaar.

Hennie ·

Lekker om te sien dat die bok gered word. Sommige mense glo dat alles gelos moet word en ‘n natuurlike loop moet neem, hulle noem hulleself “liefhebbers” van die natuur!

Johnnie ·

Gee vir die man n medalje hy verdien dit want dit is hoe n diere liefhebber moet wees, nie bang vir gevaar nie maar daar om te red.

Johan ·

Gee daai man ‘n Bells :) :)

Welgedaan en verfrissend om mooi nuus vir ‘n slag te sien.

JoeV ·

Nou volgende keer as hy wil ingryp in die natuur, as die leeus wie se middag tee hy nou verongeluk het deur daai bok uit die gat te sleep daar lê en vrek van die honger hoop ek hy gaan vang weer vir hulle ‘n bok en bring dit vir middag tee!~!
Engelse, weet jy!

Hanz ·

Wel n leeu wat net n take away in n watergat wil kry sal anyway nie lank oorleef nie.

Theresa B ·

10 uit 10 vir jou. Siestog, die bok was al doodmoeg gespook om daar uit te kom. Ek sou dit ook gedoen het. Maak nie saak wie nou wat sê nie – baie dankie vir jou mooi gebaar.

Ria Carpenter ·

Die man is vir my ook ‘n held. Wens meer mense will diere help.

Marlize ·

Ek gaan definitief nie in my motor bly sit as ek ‘n dier kan red. Ek sal nooit met myself kan saamleef. Die man is my HERO!!

Blommie ·

Ja nee dis nou n baie goeie storie, net jammer die man moet die tiepiese SA kritiek deurloop. bv: hy het die park se reels oortree, kan hulle nie net die park se reels oorkyk en se baie dankie nie.
Nee want hulle sit EN SLAAP iewers en doen nie hulle werk nie. Dan word hulle kamstig kwaad as iemand anders dit doen.

Se maar net ·

Dit is teen die reels om jou voertuig te verlaat en klaar. Almal wat hom nou so prys. Dit was baie dom van hom en nie die risiko werd nie. Dit is net n dier en hou asb op om menslike emosies aan diere te gee. Dit is die natuur se manier.

Nossob ·

Daai man sukkel darm om daai skoene en kouse uit tetrek. Hehe, wel gedaan.

Ronel ·

Wat ‘n mooi video om te kyk, en te sien wat hierdie man gedoen het. Maak mens
se hart sommer warm! 10 uit 10 vir hom!

Nienie ·

Welgedaan, boerseun. Hy het geen nonsens gevat nie. Letterlik d rooibok by d horings gepak.

Essa ·

Lekker berig; al het daai gawe man al die reels oortree. Lyk vir my nogal soos die watergat by Nossob in die Kgalagadi Park. Maar is seker enige bok enige plek sou die hulp waardeer.

Piet Pompies ·

Op die video kan mens sien sodra die voertuig voor die kamera verby ry is dit ‘n Limpopo registrasie nommer agter op die voertuig. Wel gedaan, goeie werk!

Sê net ·

Piet Pompies Limpopo se registrasienommers is L. NW is Noord-Wes se registrasienommers.

Sue ·

Een van die mooiste, mooiste eienskappe wat ‘n man kan hê, is deernis vir diere. As hy die reëls gevolg het, sou hy dalk nog vir baie lank gewonder het of hy dalk die bok sou kon help. Ons almal weet diere is nie mense nie, maar enigiemand wat nie emosioneel geraak word deur ‘n dier se lyding nie, het ook nie menslikheid in hom nie.

Alwyna ·

Wonderlike gebaar! Hy sou verseker leeu- of Wildehondkos gewees het. Baie dankie aan weldoener

Amber ·

Noodnommer? Jy’t ‘n hoop iemand gaan daai foon antwoord. Welgedaan outjie. Jy verdien n medalje.

MODDERGAT?? ·

Ek sê baie dankie aan die man. Dit is BAIE mooi.
MAAR: Dit lyk nie soos ‘n moddergat nie. Lyk soos sement/beton.
Ek stel voor die eienaar maak die sement vloer effens grof. Die “bouer” het seker gedink hy pleister die bodem mooi glad..lyk mooi!! Nooit gedink dat diere dalk vasgevang kan word nie.
Terloops dit is Noord Wes Registrasie

Deon Scheepers ·

Maak hom ‘n ere-veldwagter, met of sonder plakkies!!!

Naas Vermaak ·

Baie mooi….

As ons nou net die Springbok rugbyspelers ook kan red asb….

Johan ·

Aan die mense wat reken die natuur moet sy loop neem – dit is ‘n MENSGEMAAKTE watergat. Die mens het dus die probleem geskep. Sekerlik het daai Engelsman dus korrek opgetree in my opinie in elk geval. Al het hy reels verbreek.

Gaan jy as jy langs ‘n snelweg sien ‘n mens is in nood, nie stop nie want dit is teen die reels om op die snelweg te stop? Partykeer, net partykeer, moet gesonde verstand en ‘n deernis met ‘n situasie – mens of dier – jou lei in wat jy doen. Elke mens moet dan maar self besluit wat die regte ding is om te doen. In my opinie bly die Engelsman ‘n held.

Breytenbach ·

Dit sou interssant geraak het as daar ‘n leeu opgedaag het. Gelukkig het die man ‘n groot hart ‘n leeu sal dalk 2 keer gedink het voor hy hom sou aanvat!!!

cb ·

Dit is nou alles baie mooi. Ons is almal bly die bok het oorleef. Maar….die ou het het reels verontagsaam. As n leeu hom geskraap het het, wat sou dan die uiteinde van die saak wees?

Rooibok ·

Man, net omdat jy nie die “bal-en-las” het om uit te klim en n dier te red nie, is jy nou naar

Vonkprop ·

Welgedaan ou maat. Ek stem nie saam dat die natuur sy gang moet gaan nie. Ons moet help waar ons kan. Almal wat altyd sê dit is net ‘n dier nie ‘n mens nie moet twee keer dink wat hulle sê. Ons mense dink altyd ons is bo aan die “foodchain” maar as ons in die natuur sonder enige wapens gelos word wonder ek hoe lank ons sal oorleef. Diere is veel slimmer as wat ons dink. Ek help gereeld diere en dis ‘n wonderlike gevoel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.