Video: Man se danspassies met hond verower harte

Luis Antonio Caballero wat met die hond dans (Foto: The Dodo)

Luis Antonio Caballero wat met die hond dans (Foto: The Dodo)

ʼn Video van ʼn hondesaloneienaar van Argentinië wat met een van sy kliënte se honde dans terwyl die hond gewas en geknip word, word wyd op sosiale media gedeel.

Luis Antonio Caballero, wat die PetShop Prrito Feliz-hondesalon in Buenos Aires saam met sy vrou, Gabriella, besit, het harte verower in die video waar hy op die maat van die B52’s se liedjie “Love shack” dans.

Gabriella het die spesiale oomblik op haar selfoon vasgevang ná sy vinnig uitgeglip en vroeër as verwag teruggekeer het.

“Ek het vir ons gaan tee maak. Toe ek terugkeer, sien ek hom dans met die hond. Hy het my aanvanklik nie gewaar nie, daarom kon ek gou ʼn video met my selfoon gemaak,” het sy aan die webwerf The Dodo vertel.

Plaaslike inwoners het vertel die egpaar is ook bekend daarvoor dat hulle gereeld op soek is na huise vir straathonde.

Die video is meer as 1,5 miljoen keer op sosiale media gedeel.

Bron: The Dodo

https://youtu.be/nNY-uOU8xw8
[Hierdie video is verwyder.]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elize C ·

Dis dierbaar! Ek wens mens kon met sekerheid weet dat jou honde-kind SO liefdevol en speels hanteer gaan word gedurende sy “grooming”, om die vreemdheid en gepaardgaande stress vir hom ook minder te maak. 10/10! :-)

Denise ·

Baie oulik as hy dit elke dag doen kry hy sy oefening ook in!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.