Video: Man vertel vroulief sy is swanger

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Pa van Texas in die VSA kon ʼn opwindende oomblik beleef wat gewoonlik net vir vroue beskore is – hy kon sy niksvermoedende vrou vertel hulle verwag ʼn baba!

Sam Rader (29) en sy vrou, Nia (26), van Wills Point het reeds twee kinders, Symphony en Abram, en verwag nou hul derde kleinvoet. Sam het egter ʼn slim plan bedink om voor Nia uit te vind dat sy swanger is en het hierdie keer die nuus aan háár oorgedra.

Die video van Sam wat sy vrou vertel dat hulle ʼn derde kind verwag, is in twee dae reeds meer as 4 miljoen keer op YouTube gekyk.

Kyk hier hoe Sam sy slinkse plan uitgevoer het en Nia met die opwindende nuus verras:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.