Video: Man ‘vlieg weg’ met sambreel

Skermgreep uit die video

Kringtelevisiebeeldmateriaal het die oomblik opgeneem toe ʼn man tydens ʼn storm skielik met ʼn stoepsambreel deur die lug getrek het.

Sadik Kocadalli spring vinnig op die basis van die groot sambreel in Osmaniye in die suide van Turkye. Twee mans probeer tevergeefs om hom te help om die sambreel op die grond te hou.

ʼn Sterk rukwind sleep dan die sambreel en tel Sadik en die sambreel in die lug op.

Sadik het later aan verslaggewers gesê hy is ongedeerd, al is hy tussen drie en vier meter hoog die lug in. “Ek het nie iets oorgekom nie. Nadat ek besef het die sambreel gaan net al hoër, het ek afgespring.”

Nog ʼn man, Mehmet Ali Biçakçi, het egter sy bewussyn verloor toe die sambreel op hom geland het. Hy het ook ʼn gebreekte voet en gebreekte ribbes.

Twitter-gebruikers het vinnig geskerts Sadik is Turkye se eerste ruimtevaarder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Namgrl ·

lekker man, lekker…hoop nie hy was beseer in die vlieende aksie nie… :)

eurika ·

Ja……dis amper 1 April, hoekom styg net die sambreel op maar die klere en items agter op die tafels beweeg nie eens nie???

kyk net ·

Eurika mens kan baie duidelik sien hoe die res van die goed in die video beweeg..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.