Video: Mapstieks! Fietsryer se noue ontkoming

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

ʼn Video van ʼn fietsryer wat ternouernood aan die dood ontkom het tydens ʼn botsing tussen ʼn motor en ʼn vragmotor, word wyd op sosiale media versprei.

Die video wys hoe die fietsryer in ʼn stil kruising ry wanneer daar skielik ʼn rooi motor en ʼn klein vragmotor op die toneel verskyn. Die rooi motor begin buite beheer tol nadat dit met die vragmotor bots. Die fietsryer word skrams deur die vragmotor getref voor die vragmotor omslaan.

Die fietsryer blyk ongedeerd te wees en staan vinnig op om te kyk of die ander bestuurders beseer is.

http://youtu.be/XhV-J14xY8Q

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Annamarie ·

Goeiste….wys jou net hoe onverskillig sommige trokdrywers kan wees. Hoop hy word toe gesluit en sy lisensie ingetrek !!!!

katryn ·

Wonder hoe werk hul verkeersreels? Sien nie stoptekens of toegeetekens aan beide kante nie? Sjo. Hy’s baie gelukkig! !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.