[Video] Mark die Renoster uit penarie gered

Mark die renoster met die band om sy snoet

Mark die renoster met die band om sy snoet

Veeartse in Zimbabwe het ʼn witrenoster, wat as Mark bekend staan, by Chivero-ontspanningspark uit ʼn penarie gered toe ʼn motorband om sy bek vasgesit het.

Die natuurlewegroep, AWARE Trust Zimbabwe, het in ʼn Facebook-plasing verduidelik wildbewaarders het aanvanklik gedink hy sal self weer kon loskom, maar hulle het die groep se twee veeartse, Keith en Lisa, gekontak toe dit duidelik was dat die band “stewig om Mark se voorste horing vassit”. Die bul kon nie eet of drink nie, weens die band om sy bek.

“Die spiere wat jou mond oopmaak, is baie swakker as die spiere wat jy gebruik om jou mond toe te maak, aangesien swaartekrag ook help – so daar is nie ʼn manier wat Mark die band groot genoeg sou kon rek om los te kom nie,” het die groep verduidelik.

Mark is met ʼn doofpyl geskiet en die band kon verwyder word sonder om dit te sny. “Hy het ongeveer 11 minute later gewei asof niks gebeur het nie,” het die groep bevestig.

Volgens die groep het die droogte daartoe gelei dat die meer baie teruggetrek het en besoedeling soos nette en bande spoel gereeld uit. “Mark wou waarskynlik van die plante eet wat in die middel van die band gegroei het, en toe hy sy neus indruk om dit te eet, het die band oor sy voorste horing geglip.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

moeks ·

Soms het almal maar ‘n helpende hand nodig. Bly hy is gehelp. Pragtige diere.

C ·

Wat ‘n tragiese storie met ‘n “happy ending”. Baie dankie aan Keith en Lisa dal jul Mark uit hierdie benoude situasie uitgehelp het. Siestog, die oulike ding!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.