Video: Masjien blaai spesiaal jou koerant

koerant blaai

Skermskoot uit die video

Joseph Herscher van New York bou die interessantste kettingreaksie-masjiene en sy video’s is reeds meer as 10 miljoen keer gekyk.

Volgens sy webwerf het hy sy eerste suigstokkiemasjien gebou toe hy vyf jaar oud was.

Joseph het in sy vroeë 20’s weer ʼn toestel gebou wat sy hele woonstel vol gestaan het. Die hindernisbaan het drie minute lank geduur om te voltooi en ʼn hamer het uiteindelik ʼn eier stukkend geslaan. Hy was onseker wat hy met die toestel kon doen en het dit op video vasgelê en op die internet gepubliseer. “Creme that Egg” is meer as 3 miljoen keer gekyk en dit het hom aangepor om nog groter toestelle te bou.

Hy het in Nieu-Seeland grootgeword.

Talle van sy toestelle word beskryf as “Rube Goldberg Machines™” gebaseer op die bekende Amerikaanse tekenprentkunstenaar wat ingewikkelde katoeters gebou het en eenvoudige takies op ʼn baie moeilike wyse voltooi het.

In dié video het Joseph ʼn baie ingewikkelde masjien gebou wat sy koerant kan omblaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Delia ·

Ag asseblief,,,,nou gaan hy seker ‘n masjien bou wat sy koffie koppie na sy mond toe bring….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.