[Video] Meisie gooi krukke weg danksy hond

Bella en George (Foto: Facebook)

Bella en George (Foto: Facebook)

Bella Burton (11) kon weens ʼn seldsame genetiese toestand nie sonder krukke loop nie, totdat sy ʼn baie spesiale Deense hond ontmoet het.

Die Morquio-sindroom het Bella se bene aangetas en sy het gereeld selfs ʼn rolstoel gebruik totdat sy George, ʼn Great Dane, ontmoet het. Bella weeg slegs 20 kg en George, ʼn spesiaal opgeleide dienshond, weeg byna 60 kg – sy kan dus haar gewig op hom plaas en hom soos ʼn kruk gebruik.

Bella leun op George en hy help haar om oral te kom waar sy wil wees – van die skool na die park tot selfs in haar bed vir slaaptyd.

George is egter nie net ʼn dienshond nie en die vriendskap tussen die twee is duidelik sigbaar.

WABG-joernalis Tanya Carter van Greenville in Mississippi, VSA, het ʼn videoverslag van die twee op haar Facebook-blad geplaas en die video is binne twee dae reeds byna 24 miljoen keer gekyk en 800 000 keer gedeel.

Volg Bella en George se avonture op Facebook.
https://youtu.be/55R-DDGLjT4

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

neelsie ·

Die beste goeie nuus storie in n lang tyd!!
n Nuwe lewe vir die dogter. Ware vrienskap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.