[Video] Meisie wat in put sing, lok miljoene kykers

(Foto: Skermskoot uit die video)

ʼn Hoërskoolleerder van Kansas in die VSA raak wêreldwyd harte aan met ʼn video waarin sy Leonard Cohen se “Hallelujah” sing.

Tiffany Ruan (17) het saam met haar koorgroep deur Italië gereis en in verskeie katedrale opgetree.

Terwyl die koorgroep Venesië verken het, het hulle op ʼn waterput afgekom en besluit om die akoestiek ten volle te benut. “Ek het gesien my koorafrigter en ʼn groep leerders sing in die put in,” vertel sy. “Ek het gedink dat dit baie oulik is en het daarheen gegaan om ʼn video op te neem.”

Die video is al meer as 2 miljoen keer gekyk sedert dit 29 Maart op YouTube gelaai is.

https://youtu.be/WqaV516W8MQ

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Esta Marais-Hattingh ·

Ten spyte van alles wat om ons gebeur, is ek opgewonde oor die toekoms. Die negatiewe moes gebeur, sodat daar ‘n positiewe uitkoms vir Suid-Afrika sal wees.
Ons moet ons oog op die kruis hou en ons verootmoedig voor God die Almagtige.

Sien julle in Bloem op 22 April!

God beplan vir ons voorspoed en nie teenspoed nie ! Baie positiewe profesieë moet volbring word vir Suid-Afrika. Kom ons staan op God se Woord en onthou dat ons deur gebed die krag van die hemel aarde toe bring ! Hou vas aan die Woord. God sal voorsien. Sy beloftes sal vervul word.
Ons moet bid vir vir ons land en leiers !God sal uitkoms bring ! ‘n Groot Wonderwerk wag vir Suid-Afrika…

Mag God Suid-Afrika en al Sy mense op alle vlakke , alle rasse en alle tale, Seën !
Esta Marais-Hattingh

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.