Video: Mens kan jou oë nie glo nie!

Skermgreep uit die video

Optiese illusies is altyd ʼn bewys dat mens jou eie oë nie kan glo nie. As mens dink aan die vernuf wat dit verg om ʼn optiese illusie te skep, dan is dit geen verrassing nie dat daar kompetisies is om die beste optiese illusies aan te wys nie.

Een van dié kompetisies is die “Beste illusie van die jaar”-kompetisie wat jaarliks die beste en kreatiefste illusies wêreldwyd aanwys.

In 2021 is “The Phantom Queen”, geskep deur Matt Pritchard van die Verenigde Koninkryk, as die wenner aangewys.

Volgens die “Best Illusion of the Year Contest” se webwerf, vier die geleentheid illusies en persepsie. “Visuele wetenskaplikes, oogkundiges, neuroloë en kunstenaars is deel van die illusie-gemeenskap,” aldus die webwerf.

ʼn Video van die drie beste illusies is op YouTube gedeel.

Die drie wenners is aangewys deur middel van ʼn aanlyn stemproses.

Die kompetisie is ʼn inisiatief deur die Neural Correlate Society (NCS), ʼn niewinsgewende organisasie wat ten doel het om wetenskaplike navorsing “oor die neurale korrelasie van persepsie en bewussyn” te bevorder.

In die eerste plek:

In die tweede plek:

In die derde plek:

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

FM ·

Dankie Maroela vir die plasing.
Daar is intelligente mense wat hul kosbare tyd nuttig gebruik.
Ek het hierdie video’s GENIET!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.