Video: Mens verstaan jouwaarlik wat dié hond sê

Skermgreep uit die video

ʼn Video van ʼn hond wat by sy eienaar wil weet waarheen sy op pad is, is baie gewild op sosiale media.

In die video staan ʼn vrou voor ʼn vollengte spieël. Hugo, ʼn tipe Alaskiese poolhond, verskyn dan op die toneel, kyk na haar en grom diep. Dit klink byna asof hy vra: “Where are you going?”

Talle kykers is oortuig dat Hugo kan praat. En as dit vir jou onwerklik klink en jy vermoed dat dit dalk ʼn man is wie se stem oor Hugo sʼn verfilm is, hoef jy maar net na die ander video’s van Hugo op Cheekclapper se TikTok-profiel te kyk – hy spog inderdaad met so diep basstem.

Die video is in minder as drie weke reeds meer as 8,3 miljoen keer gekyk met meer as 2,5 miljoen mense wat aangedui het hulle hou van die video.

Hugo se eienaar het intussen nog TikTok-video’s gedeel waar sy grappenderwys sy raad vra oor haar uitrustings.

@cheekclapper24_7_365

I was just trying to see if my outfit was cute @carlainquarantine ????❤️ #SHEINcares #VirginMediaSpeedMC #fypシ #malamutes #malamutesoftiktok

♬ original sound – Cheekclapper

@cheekclapper24_7_365

Nobody at all: ……. Hugo: WOW ???? #BurberryTB #malamute #malamutelife #malamutes #malamutesoftiktok #malamutesofinstagram #dogs #dogsofttiktok #dogs

♬ original sound – Cheekclapper

@cheekclapper24_7_365

????outfit check???? #fitcheck #outfit #ootd #foryoupage #foryourpage #foru #fypage #BurberryTB #fypシ゚viral #clothes #malamute #doggo #dogs #malamutes

♬ original sound – Cheekclapper

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.