ʼn Video van ʼn groep verbygangers wat ʼn “menseketting” vorm om ʼn hond vanuit ʼn stormwater-uitloopkanaal te red, word wyd op sosiale media gedeel.
Die groep van ses mans, wat oënskynlik saam met ander vriende verby die waterkanaal geloop het, het ʼn flink plan bedink om die hond uit dié petalje te red. Dit is nie bekend presies waar die voorval plaasgevind het nie.
Volgens die webwerf Fox59 sou die hond binne enkele oomblikke verdrink, omdat hy reeds ʼn geruime tyd teen die water moes “stoei”.
“Wanneer jy deur vloedwater ry, sal minder as een meter diep water motors soos sportnutsvoertuie kan saamsleur of omtiep, om nie eens te praat van ʼn dier nie,” aldus die webwerf.
Die groep van ses mans het die hond binne minute uit die water gered.
Die video is intussen meer as halfmiljoen keer op sosiale media gedeel.
Bron: Fox59
https://youtu.be/tA-SLHNG0FE
Dit is mense met n hart en liefde vir diere baie mooi om sulke nuus te lees
Sooooo mooi storie. Dis goed om te weet dat daar nog mense is wat lief is vir diere.
Ek hoop dat een van die mans die hond toe aangeneem het. Hopelik is daar ‘n opvolgstorie.