Video: Merkwaardige ingenieursvernuf vir Red Bull-advertensie

Danny MacCaskill, een van die atlete wat aan die advertensie deelneem

Die formaat is dalk nie nuut nie, maar jy het moontlik nog nooit só ʼn stuk ingenieurswese in een advertensie gesien nie.

Red Bull Kluge is die volgende aflewering in die reeks van “atleetmasjiene” van Red Bull waarin atlete ʼn paar domino-uitdagings aanpak.

Adam Sadowsky, stigter van Syyn Labs wat die Red Bull-video ontwerp en beplan het, sê hy het as kind ook allerhande kontrepsies in sy kamer gebou om “monsters mee te vang”. “As iemand die deur oopmaak, word ʼn toutjie afgesit wat ʼn net bo-oor die oortreder laat val,” het Sadowsky gesê. Hy was toe 11 jaar oud.

Die video is al in November 2012 op YouTube gelaai, maar is reeds bykans 16 miljoen keer gekyk.

Dit het Sadowsky en sy span van 23, insluitend oud-ingenieurs van NASA en veterane wat by Disney-vermaaklikheidspark gewerk het, sowat drie weke geneem om die masjien te bou. Die masjien beslaan sowat 3 hektaar in Irvine, Kalifornië in Amerika. Die verfilmingsproses het ongeveer vier ure lank geduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.