Luka Sulic en Stjepan Hauser, beter bekend as 2Cellos, se video waarin hulle AC/DC se Thunderstruck met tjello’s speel, maak opslae op sosiale media.
Die twee tjelliste van Kroasië se video is in ʼn stadium meer as 1 miljoen keer per dag op YouTube gekyk. Die video is reeds meer as 7 miljoen keer gekyk.
Die twee mans is in tradisionele drag uitgevat en dit wil voorkom of hulle ʼn barokkonsert gaan uitvoer vir die welgestelde lede van die publiek. Dit verander egter skielik van ʼn Vivaldi-tipe duet na ʼn volslae rockkonsert.