Pendelaars in Stockholm in Swede was verras toe ʼn model op ʼn elektroniese advertensiebord se hare skielik opwaai toe die trein aankom.
Apotek, ʼn apteekhandelsmerk in Swede, het die advertensiebord met ultrasoniese-sensors toegerus om te bepaal wanneer ʼn trein aankom. “Laat jou hare lewe,” is die slagspreuk.