[Video] Model se waaghalsige fotosessie lei tot herrie

Victoria Odintcova (Foto: Instagram)

Victoria Odintcova (Foto: Instagram)

Die Russiese model Victoria Odintcova het ʼn herrie veroorsaak nadat sy ʼn video en foto’s gedeel het waar sy van ʼn gebou wat 73 verdiepings hoog is aan ʼn man se hand in die lug hang.

Die foto’s en video is op Dubai se Cayan-toringgebou geneem en op Instagram gedeel. Op die video kan gesien word hoe Odintcova met een hand vashou aan die man se hand en dat sy sowat 306 m hoog in die lug hang.

“Ek kan nog steeds nie glo ek het dit gedoen nie. Elke keer wat ek na die video kyk word my handpalms sweterig,” het die 23-jarige model gesê.

Die eienaars van die gebou gaan intussen regstappe neem aangesien Odintcova glo verby sekuriteit geglip het en nie toestemming vir die video gevra het nie.

Victoria Odintcova (Foto: Instagram)

Victoria Odintcova (Foto: Instagram)

Odintcova meen egter sy verdien ʼn beloning aangesien sy die swak veiligheid by die gebou uitgewys het. Volgens haar kan mense selfmoord pleeg deur ʼn sprong van die gebou se dak af of ʼn terreuraanval uitvoer weens die swak veiligheid.

Die polisie in Dubai het Odintcova intussen gedagvaar om ʼn dokument te onderteken waarin sy onderneem om nie weer enige gevaarlike aksies uit te voer wat haar lewe in gevaar kan stel nie.

Odintcova het om verskoning gevra vir enige ongerief wat deur haar video veroorsaak is.

https://youtu.be/a7IZVQmvMnA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Magda ·

Daai vrou is mal verby!!!!! Ek wil nie eers daaraan dink sou haar hand gely het nie.

MH ·

“Adrenalienjunkie” is ‘n woord wat mense gebruik om hulleself te beskryf as verskoning vir hulle eie roekelose onnoselheid.

DC ·

Hierdie tipe van ding op sosiale media kan lei tot ander wat dit wil naboots (sommer op ‘n gewone gebou) en dan na hul dood tuimel. Not good…

live every moment ·

Do not fear dying, fear not living while you’re alive!! Ek dink sy is goed ingelig oor die gevolge van haar aksies sou sy daar af tuimel. Daar sal mense wees wat dit seker wil naboots maar sy kan nie verantwoordelik gehou word vir ander mense se aksies nie…. as jy net een breinsel het en af tuimel is dit jou eie skuld. Daar is mense wat sterf terwyl hulle selfies neem???

Koos1 ·

Dit sal BAAAIE brandewyn vat voordat ek dit sal oorweeg!!!!!!
Sal uitpass voor ek bo is.
Die vrou en man is stapel gek!

Liezille ·

Kan jy jou indink hoe baie sy daai man vertrou?! As ek die guts gehad het en iemand so vertrou het, het ek dit beslis gedoen!

Andre ·

In plaas daarvan om soos n vlerie van n dak af te hang moet sy net so paar draaie deur Hillbrow na donker kom ry as sy nou regtig n adrenalien junkie is , sports is gewaarborg.

vermeende ·

Hel man, ek het so hoogtefrees dat ek nie eers op n stoel kan staan of verby n venster op n verdieping gebou kan loop nie en sy doen dit.
Weet die Russe dan nie van photoshop nie?

Kiepie ·

Ek kan nie glo niemand gaan dit sê nie. Of miskien het iemand dit al gesê maar MM het hulle gesensor ;-)

Inge ·

Ek sou dit doen AS DAAR ‘N HARNAS WAS! Hierdie vrou is koekoes om SLEGS aan ‘n ander mens se arm te hang. Wou seker REGTIG aandag trek…

Grotman ·

Photoshop sou minder gevaarlik gewees het maar dis natuurlik nie selfde as die werklikheid nie. Mal mense!!

My tweesent bydrae ·

Ek ry elke oggend en middag in Soutpansberg straat af . Ek wonder watter een vat die meeste durf .

Louise ·

Mense daar is baie meer waaghalsig sport soorte wat mense doen. Juis vir die adrenalien.
Baie erger as wat hierdie dame doen, ek voel ook mens moet leef eerder as om in n koekon te lewe uit vrees vir alles!
Mens leef tog neet eenkeer, more ry n kar jou om dan het jy niks gedoen uit vrees dat iets met jou gaan gebeur.
Die lewe is nie in ons hande nie!

live every moment ·

Dankie Louise, iemand wat kan dink en die lewe kan geniet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.