Video: Modeltrein speel langste liedjie

(Foto: Guinness-wêreldrekords)

Die langste liedjie wat deur ʼn modeltrein gespeel is, is 2 840 note lank.

Die Miniatur Wunderland Hamburg GmbH (Duitsland) in Hamburg, Duitsland, het dié Guinness-wêreldrekord reeds op 17 Maart 2021 verower.

ʼn Video van die trein wat die liedjie speel doen nou weer die ronde op sosiale media.

Die rekordpoging is aangepak by die organisasie se uitstalsentrum in Hamburg. Die trein het meer as 20 verskillende klassieke deuntjies gespeel oor ʼn spoor van 211 meter lank.

Altesaam 2 840 glase is met water gevul om elkeen ʼn spesifieke noot te speel wanneer die trein verbyry.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.