Die akrobatiese Billy en Emily het beoordelaars van die televisieprogram, Britain’s Got Talent, se monde behoorlik laat oophang met hul rolskaatsvertoning.
Die beoordelaars, Simon Cowell, Alesha Dixon, David Walliams en Amanda Holden het behoorlik na hul asems gesnak en die twee het die gehoor gaande gehad.
Emily was glo vyf jaar oud en Billy was agt jaar oud toe hul ma vir hulle rolskaatse gekoop het. Die twee is sedertdien onafskeidbaar op hul rolskaatse.