Video: Monde hang oop oor broer en suster wat rolskaats

Die broer en suster, Billy en Emily op Britain's Got Talent

Die broer en suster, Billy en Emily op Britain’s Got Talent

Die akrobatiese Billy en Emily het beoordelaars van die televisieprogram, Britain’s Got Talent, se monde behoorlik laat oophang met hul rolskaatsvertoning.

Die beoordelaars, Simon Cowell, Alesha Dixon, David Walliams en Amanda Holden het behoorlik na hul asems gesnak en die twee het die gehoor gaande gehad.

Emily was glo vyf jaar oud en Billy was agt jaar oud toe hul ma vir hulle rolskaatse gekoop het. Die twee is sedertdien onafskeidbaar op hul rolskaatse.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.