Video: Mooiste herfs-skouspel!

Skermgreep uit die video

Die noordelike deel van Utah in die VSA beleef vanjaar een van die mooiste herfsseisoene nog – en beeldmateriaal daarvan lyk byna vervals, so mooi is dit.

Videograaf Justin McFarland het die mooiste geel, oranje, rooi, pers en groen verlede week in Utah se Ogden Valley met ʼn hommeltuig verfilm.

Hy het ʼn DJI Phantom 4 met ʼn gepolariseerde lens gebruik om die skouspelagtige natuurtonele af te neem.

ABC het sy beeldmateriaal op Facebook gedeel en dit is binne 24 uur reeds meer as 4,4 miljoen keer gekyk.

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier speel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

christa ·

dan is daar nog mense wat nie in die Almagtige God glo nie. Net Hy kan so iets skep. Niks is mooier as die natuur nie. Dan word God se tuin so verrinnewoes.

jannie ·

GOD is ongelooflik. Dis asemrowend mooi…..ek raak eintlik emosioneel so mooi is dit.

Piet ·

Christa jou opmerking is akuraat. Ek hou baie male die weerlig dop wanneer dit in die verte oor die heuwels aankom. n Skouspel speel hom soms af wat menslike vuurwerkvertonings maar sleg laat lyk en die krag daarvan kan met niks vergelyk word nie. As mens waardering het vir God se handewerk sal jy ook anders dink oor grond in SA en die herverdeling daarvan. Baie min mense dink aan die impak op natuurlewe wanneer hulle standpunt inneem in die verband. Vir hulle gaan dit oor regte en onregte van/teen mense – eintlik maar hulself.

Ander Annie ·

Die prag en praat van ons Skepper. Asemrowend mooi. “How Great Thou are”. Dan juig my siel, how Groot is U.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.