[Video] Mooiste liefde roer die hartsnare

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Jason Lyle Black se ouma en oupa het op ʼn baie spesiale manier met ʼn klavierduet hul 60ste huweliksherdenking gevier – en almal is gaande daaroor. Die video is binne 10 dae reeds byna 2 miljoen keer gekyk.

Black, ʼn pianis en bekende YouTube-persoonlikheid wat spog met meer as 7 miljoen persone wat al sy video’s gekyk het, het die bladmusiek van die openingslied van Disney Pixar se fliek, Up, vir sy ouma en oupa verwerk.

Die twee oues boots die paartjie, Carl en Ellie, in die openingstonele van die fliek na en Black verskyn selfs heel aan die einde in die video, geklee as die karakter Russell, om sy ouma en oupa bekend te stel.

Die lied is “Married Life” deur Michael Giacchino en jy kan Black se weergawe hier aflaai.

Die openingstoneel van Up verskyn onderaan. Maak gerus seker jy kyk ook na dit om ʼn ekstra waardering vir die video te kry.

Volg Jason Lyle Black op Facebook
Besoek Jason Lyle Black se webwerf
Laai die liedjie af

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.