Die Irish Examiner berig Gerry Brady, eienaar van ʼn kroeg in County Louth in Ierland, het ʼn beseerde man langs sy motor aangetref en gedink die man is moontlik deur ʼn ander motor raakgery. Hy het egter gesien sy motor is beskadig en het besef die man wou by die motor inbreek of dit moontlik steel.
Beeldmateriaal van ʼn kringtelevisiekamera wys hoe die man die motor se ruit met ʼn baksteen probeer stukkend gooi voordat die baksteen hom in die gesig tref. Die polisie is ontbied en die man is in hegtenis geneem. Brady het die beeldmateriaal op YouTube gelaai.
Die gemors moes dood gewees het, lekker, kry vir jou
En die wenner van die geveg, met n uitklop hou in die 1ste rondte is……. DIE KAR!!!
Kyk, hierdie kar laat nie met hom mors nie!!
Wens daar was meer sulke karre! He he!!
Soos die Engelsman sê: “There is no cure for stupid”!
More Hein, die Amerikaners het net laasweek ‘n pil op die mark gebring vir onnoselgeit. Dit werk 100%, gewaarborg. Die pil lyk baie soos ‘n disprin, maar so groot soos ‘n piering. Die probleem is, jy moet die pil heel insluk, anders werk dit nie…
Jys helemal weird met so comment te maak wat He in gesê het
Ha ha ha. Lekker lag ek nou. Uitstekend!! Pluimpie vir diè motorvervaardigers.