Video: Movember: Ben Bekbesem gee raad

Ben Bekbesem verduidelik  wat jy moet doen as jy sukkel om ʼn snor te kweek.

Ben Bekbesem verduidelik wat jy moet doen as jy sukkel om ʼn snor te kweek. Foto: Skermskoot uit die video

AfriForum het besluit om op ʼn komiese manier te help om ʼn bewusmaking van Movember te skep deur ʼn “kenner” op die gebied van snorre te nader.

Ben Bekbesem  het reeds ʼn paar video’s op YouTube gelaai waarin hy allerhande wyshede kwytraak. (Sy video’s volg onderaan die berig.)

Movember is ʼn bewusmakingsveldtog waartydens mans aangemoedig word om ʼn snor te kweek en sodoende bewusmaking te skep van gesondheidsprobleme wat mans ervaar waaronder spesifiek prostaatkanker.

Maroela Media wou by Ben Bekbesem hoor wat Movember vir hom beteken en hy verduidelik ook wat jy moet doen as jy sukkel om ʼn snor te kweek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.