Video: ‘Musiek het sy lewe gered’

Kodi Lee en sy ma, Tina (Skermgreep uit die video)

ʼn 22-jarige jong man wat blind en outisties is, het kykers wêreldwyd gaande met sy musiektalent.

Kodi Lee het Dinsdagaand op die program America’s Got Talent verskyn en ʼn video van sy optrede is reeds meer as 40 miljoen keer op Facebook gekyk.

Kodi se ma, Tina Lee, het hom op die verhoog vergesel. “Hy is blind en outisties. Ons het vroeg reeds ontdek dat hy van musiek hou, want toe hy musiek hoor, het hy sy oë sommer groot oopgemaak! En toe hy begin sing, het ek sommer begin huil. Ek het besef hy gaan mense vermaak!”

Tina sê deur musiek en optredes kan Kodi bly oorleef, “want wanneer mens outisties is, dan is dit baie moeilik om te doen wat ander mense doen”. “[Musiek] het sy lewe gered.”

Oomblikke later, toe Kodi voor die klavier inskuif, het die beoordelaars se monde oopgehang. Sy vertolking van Leon Russell se “A Song for You” het die gehoor staande gehad.

Beoordelaars Simon Cowell was verstom, Julianne Hough was in trane, Howie Mandel kon nie wegkyk nie en nuwe beoordelaar Gabrielle Union het deurgaans bly glimlag. En ná die beoordelaars se goeie terugvoer, het Gabrielle besluit om die goue gonser te druk. Kodi dring nou outomaties deur na die rondtes in Hollywood.

Auditions: Kodi Lee – America's Got Talent

Music saved Kodi Lee's life. ????See why Gabrielle Union's first Golden Buzzer will go down in history.

Posted by America's Got Talent on Tuesday, May 28, 2019

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sandy Botha ·

Tjank ek nou te lekker. Well done! So trots op jou mamma – dit is nie maklik nie. Jou hart bars van trots, en jy mag maar trots wees xx

My mening ·

Wonderlik om sulke nuus te lees! Daar is regtig n tekort aan goeie nuus berigte.

SNEL ·

Ja-nee, daar is die sluise toe oop by my ook. So groot knop in die keel, bly ek was nie n beoordeellaar wat nog moet praat nie, want ek sou net thumbs-up gewys het. Wat n talent, net om te dink buiten alles is hy blind ook en speel hy so goed sonder n noot op papier. Wonderlik, mag hy dit nog ver vat.

liza ·

Die ongelooflik mooi….. Wat ‘n wonderlike talent het die jong man nie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.